75ste Golden Globe-toekenningsaand

  75ste Golden Globe-aand 

Datum 7 Januarie 2018
Plek The Beverly Hilton in Beverly Hills, Kalifornië
Aanbieder Seth Meyers
Beste rolprente en reekse
Rolprent  Three Billboards Outside Ebbing, Missouri (drama)
Lady Bird (komedie of musiekspel)
TV-reeks  The Handmaid's Tale (drama)
The Marvelous Mrs. Maisel (musiek of komedie)
Minireeks of TV-prent  Big Little Lies
Meeste pryse  Three Billboards Outside Ebbing, Missouri
Big Little Lies (4)
Meeste benoemings  The Shape of Water (7)

Die 75ste Golden Globe-toekenningsaand, wat uitnemendheid in die rolprente en TV-programme van 2017 vereer het, is op 7 Januarie 2018 deur NBC in The Beverly Hilton in Beverly Hills, Kalifornië, gehou.[1] Die geselsprogramaanbieder Seth Meyers was vir die eerste keer die aanbieder.[2][3] Op 13 Desember 2017 is aangekondig Oprah Winfrey is die wenner van die Cecil B. DeMille-prys vir haar lewenslange bydrae tot die vermaakbedryf.[4][5] Die benoemdes is op 11 Desember aangekondig.[6]

Three Billboards Outside Ebbing, Missouri het die meeste pryse (vier) gewen, onder meer vir beste rolprent (drama).[7] The Shape of Water en Lady Bird het elk twee pryse gewen.[8][9] Die beste TV-reeks was Big Little Lies.[10]

Uit ondersteuning vir die veldtogte #metoo en Time's Up het feitlik al die gaste swart gedra om hul simpatie met slagoffers van seksuele teistering te betoon.[11] Baie van die wenners het dié kwessie in hul aanvaardingstoesprake genoem, onder andere Oprah Winfrey.[12]

  1. "75th Annual Golden Globe Awards". Besoek op 23 November 2017.
  2. Hill, Libby. "Seth Meyers to host the 2018 Golden Globes". LA Times (in Engels (VSA)). Besoek op 9 Desember 2017.
  3. "Seth Meyers to Host 2018 Golden Globe Awards". The Hollywood Reporter (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 9 Desember 2017.
  4. "Oprah Winfrey: Recipient Of The Cecil B. deMille Award 2018". www.goldenglobes.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 14 Desember 2017.
  5. "Oprah to get top Golden Globe honour". BBC News (in Engels (VK)). 14 Desember 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Desember 2019. Besoek op 14 Desember 2017.
  6. "Golden Globes: Full list of nominees". BBC News (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 April 2020. Besoek op 11 Desember 2017.
  7. "Three Billboards wins big at Golden Globes and #MeToo movement makes its mark – as it happened". Guardian. 7 Januarie 2018. https://www.theguardian.com/film/live/2018/jan/07/golden-globes-2018-live-seth-meyers-get-out-lady-bird-the-handmaids-tale. Besoek op 8 Januarie 2018. 
  8. "Guillermo del Toro wins the 2018 Golden Globe for Best Director". The Verge (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Maart 2020. Besoek op 8 Januarie 2018.
  9. "Golden Globes 2018: 'Lady Bird,' 'Big Little Lies' Win Big". Rolling Stone (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2018. Besoek op 8 Januarie 2018.
  10. Heritage, Stuart (8 Januarie 2018). "Golden Globes 2018: Why The Handmaid's Tale and Big Little Lies had to win". The Guardian (in Engels (VK)). ISSN 0261-3077. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Maart 2020. Besoek op 8 Januarie 2018.
  11. "The Golden Globes proved awards shows can be relevant in the era of #MeToo". Vox (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 8 Januarie 2018.
  12. "#MeToo, powerful speeches dominate the 75th Golden Globe Awards". NBC News (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 April 2020. Besoek op 8 Januarie 2018.

Developed by StudentB